Hoërskool Punt neem deel aan ATKV-tienertoneel
HS Punt se Tienertoneel-groep het weer vanjaar aan die jaarlikse ATKV-Tienertoneel deelgeneem. Dit het op 25 Julie 2019, in Port Elizabeth in die Opera House plaasgevind. Me. Wourie Delport (personeel) het die teks geskryf en was ook die regisseur van die Produksie, Wit Duisternis.
Al die produksies se standaard was baie hoog en HS Punt is baie trots op die volgende toekennings wat hulle ontvang het:
- Sertifikaat vir die Spinnekopkostuum
- Brons sertifikaat vir Me. Delport se teks
- Sertifikaat vir Deelname

Agter: Janru van den Berg 3de ry: Danielle Marais, Runé Roux, Carlene Müller, Lourens de Villiers, Amor Hall, Douwleen Conradie, Liza Coetzee, Nina Kolesky, Bertus Kruger 2de ry: Anja van Staden, Minette van Zyl 1e ry: Suné Joubert, Karlien de Wet, Jana Basson, Lee-Ann Marsi, Siphosihle Ngcwangu Afwesig: Robynne Edwards