Hoërskool Punt hoofleiers kuier saam met Hoërskool Pietersburg hoofleiers
HS Pietersburg (PHS) vier vanjaar saam met HS Punt (PHS of HSP) hul eeufees! Die hoofleiers van die 2 skole het vandag by die Hoërskool Punt ontmoet en daarna gaan koffie drink om mekaar beter te leer ken. Dit was ook ‘n geleentheid om idees uit te ruil vir die jaar wat voorlê. Vier pragtige jongmense met soveel entoesiasme en ‘n positiewe gesindheid!
Dankie aan Lucia Pauw en Rian Celliers van Hoërskool Punt en Leana Swarts en Efan Meyer van Hoërskool Pietersburg! Dit was regtig ‘n voorreg om julle te ontmoet en by ons te verwelkom!