Hoërskool Punt kwartaal 1 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Atletiek: Hoërskool Punt het by vanjaar se LOOP ATLETIEK byeenkoms, in Oudtshoorn, die sang beker gewen. Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Oudtshoorn, Outeniqua en Punt het deelgeneem.
Elfreyden Hermanus was een van ons sterre in hoogspring en spog met ‘n nuwe rekord in die verspring seuns o.19.
Dogterskrieket: Ons eerste dogterskrieketspan, het geskiedenis gemaak en vir die eerstste keer saam met die eerste seunskrieketspan na Kaapstad getoer. Ons o.15-krieketspan het die SWD SUPERLIGA B gewen en speel volgende seisoen in die SWD SUPERLIGA A.
E-sport Ons het 5 spelers wat opgeneem is in die Wes-Kaap se E-Sport span.