Hoërskool Outeniqua Kwaggas spog met Top Presteerder!

Henco Bester – ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Outeniqua is as die top presteerder van die 2020 Wes-Kaapse Virtuele Eisteddfod aangewys. Hy was een van 1792 inskrywings in die kompetisie. Henco het aan 4 kategorieë deelgeneem, naamlik:
- solosang – musiekblyspel (93%)
- solosang – eie keuse (95%)
- Afrikaans digkuns – eie keuse (100%)
- Afrikaanse storievertelling (100%) en het pragtige terugvoer van die beoordelaars ontvang.
Ons hier in Kwaggaland is besonders trots op hierdie uitnemende prestasie. Baie geluk Henco!

Hencu Bester