Hoër Landbouskool Oakdale Erkenningsgeleentheid 2023

Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Donderdag 19 Oktober in die Burgersentrum plaasgevind. Dit was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied. Die Dux-leerder in elke graad is as volg:
- 8: Duan Rautenbach (Gemiddeld 93.66%)
- 9: Gustav Schutte (Gemiddeld 93.07%)
- 10: Artho Saayman (Gemiddeld 91.06%)
- 11: Kéan Enslin (Gemiddeld 90.63%)
- 12: Schalk Meintjés (Gemiddeld 89.92%)
Theo Nel het die Landbouweekblad Medalje ontvang. Kurt Coetzee het met die Sportman van die Jaar toekenning weggestap. Die Stefan Marais toekenning vir die Mees Veelsydigste prestasie het vanjaar gegaan aan Zandré Conradie. Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings vanaf Agri Expo ontvang. Die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2024 is ook aangekondig met Kurt Coetzee as hoofseun en Deon Viljoen as adjunkhoofseun.

v.l.n.r.: Duan Rautenbach, Gustav Schutte, Artho Saayman, Kéan Enslin en Schalk Meintjés.

Theo Nel

Kurt Coetzee

Zandré Conradie ontvang die Stefan Marais toekenning vanaf Mnr. Pine Marais

Verskeie leerders het as toppresteerders toekennings vanaf AGRI EXPO ontvang.

Die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2024. Voor links na regs: Adrian Smith, Deon Viljoen (adjunkhoofseun), Kurt Coetzee (hoofseun) en Joseph van der Merwe Ry 2 links na regs: Zandré Lategan, Daniël Joubert, Jacobus de Villiers, Rico Ferreira, Jandrian Goosen, Andreas Badenhorst en Gustav Schutte Ry 3 links na regs: Ruben Bezuidenhout, Marno Meyer, Jannes Snyman, Erick Steyn, Bernard Erasmus, Artho Saayman en Sine Mdlankomo Ry 4 links na regs: Tristan Atsell, Dewalt Jonck, Migail Barnard, Zander Groenewald, Henry Beukes, Hendrik de Beer en Kéan Enslin

Hoofseun Kurt Coetzee (links) en Deon Viljoen (regs) as adjunkhoofseun