Curro Castle Mosselbaai verf paaseiers
Tema: Paasfees
“Hasie, Hoekom is jou stert so kort.” Vandag het Curro Castle Mosselbaai gesels oor Paasfees wat voorlê. Ons het ons eie paaseiers versier met sensoriese voorwerpe soos blinkers, sagte balletjies en geel verf! Ons het ons fyn-motoriese spiere beoefen deur die sagte balletjies met ons vingers vas te knyp en blinkers oor te strooi!
Hier oefen ons, ons fynspiertjies deur die ‘pom-poms’ te gebruik om die patrone te druk! Die geleentheid om te speel gedurende vryspel en kreatiwiteit te ontwikkel met speeldeeg en stokkies was ‘n hoogtepunt.