Hoërskool Swellendam sport hoogtepunte
Hoërskool Swellendam sport hoogtepunte: Atletiek: Gedurende die April vakansie, terwyl die res van die Saellies lekker ontspan het, het 3 van ons atlete aan die SA-Atletiekbykeenkoms deelgeneem. Andrea Boshoff en Liezel Groenewald het albei in Germiston, Gauteng, gaan deelneem. Andrea Boshoff het ‘n vyfde plek in die o.19 Hoogspring verower en Liezel Groenewald ‘n 6de plek in die o.19 100m Hekkies. Ilna Swart het die 1ste April op Coetzenburg, Stellenbosch, aan SA-Tweekamp-kampioenskappe deelgeneem en na 800m se hardloop en 100m se swem het sy die 40ste plek behaal. Ons is trots op dié Swellies wat so hard gewerk het en Hoërskool Swellendam se naam hoog gehou het tydens hul ‘rustyd’. Mila Engelbrecht
Rugby: Hoërskool Swellendam se rugby eerstespan het op die 30ste Maart 2023 vertrek na Barrydale om ‘n wedstryd teen Hoërskool Barrydale gespeel. Dié spanne het bloed, sweet en trane gestort om die wen-span te wees. Dit was ‘n uitstekende wedstryd vir albei spanne. Die spelers het genoeg speelkans gekry om die afrigters te beïndruk. Die wedstryd het ook gedien as ‘n proewe om die beste spelers in beide skole te kies vir hul afsonderlike eerstespanne. Hoërskool Swellendam se leerders en ondersteuners glo dat die Hoërskool Swellendam eerstespan ‘n goeie rugbyseisoen sal hê. Ethan Verwey
Rolbal: Ruben Lubbe het tydens die vakansie, vanaf die 1ste tot die 6de April, deelgeneem in die Boland o.18-B rolbalspan, aan ‘n kompetisie in Bloemfontein. Hulle werk goed saam as ‘n span en dit word bewys deur hul resultate:
- 3 Wedstryde gewen
- 2 Wedstryde gelyk op
- 4 Wedstryde verloor
Ons is baie trots op Ruben se pragtige uitslae. Zoeye Groenewald
Skaak: Vyf Swellies het die vakansie na Kaapstad vertrek vir ‘n kans om in die Wes-Kaap Skaakspan opgeneem te word. Die proewe was gehou in Strand en talle leerders van regoor die provinsie het deel geneem. Elke speler het gedurende die dag vyf wedstryde gespeel wat hul behoorlik beproef het. Na ‘n lang dag van breinbrekende denke en sterk kompetisie, was die Swellies ongelukkig nie ingesluit in die Wes-Kaap span nie. Al vyf spelers is wel beloon met half-erekleure in Skaak vir hul skaak talent, uithouvermoë en Swellie gees! Max Tomlinson.