Goud vir Hoërskool Swellendam by Wes-Kaap toutrek
ADVERTISEMENT
Die Wes-Kaap toutrekkampioenskappe het Saterdag 11 Maart in Robertson plaas gevind. Daar was ‘n totaal van honderd-sewe-en-negentig spanne wat deelgeneem het. Hoërskool Swellendam het met die 400kg onder 15-Span goud verower en die 520kg gemengde A span ‘n brons. Dit was vir ons atlete baie goeie voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat later die maand in Swellendam plaasvind. Baie geluk aan JP Gaffley en Nina Van Zyl wat gekies is vir die nasionale onder 23 600kg mans en gemengde span onderskeidelik. Aldo Olivier en Chulumanco Qotyiwe is aangewys as Saterdag se trekkers van die dag. Trots op julle! Thys Lourens