Laerskool Gene Louw atlete verwerf WP-kleure
Die atlete van Laerskool Gene Louw het by die jaarlikse Metro-Noord-byeenkoms in Februarie reeds gewys wat in hulle steek toe nie minder nie as 18 van hulle gekwalifiseer het vir die WP-kampioenskappe. Hierdie span atlete oefen reeds vir maande ter voorbereiding en hul harde werk werp nou vrugte af. Al 18 atlete het puik gevaar by die kampioenskappe en 11 van hulle het met trots hul WP-kleure verwerf. Hulle is:

Agter v.l.n.r.: Abongile Xotyeni, Travis Eberhardt, Joey Calitz, Imke Roux, Carla Barnard
Voor v.l.n.r.: Viljoen Botha, Jean-Luc van der Westhuizen, Robert Murray, Jean Laubscher, Annchen Nothnagel, Corné Conradie.