Laerskool Gene Louw-atlete blink uit by SA’s
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw het hierdie jaar die voorreg gehad om vyf atlete as deel van die Wes-Kaap Atletiekspan na die jaarlikse Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te stuur wat op 19 tot 21 Maart in Pietermaritzburg plaasgevind het. Die kompetisie was straf, maar die atlete van Durbanville was voorbereid en het uitstekend gevaar. Joey Calitz (0.13) het agste plek landswyd behaal in gewigstoot en sewende plek in diskus. Jean Laubscher (o.10) en Jean-Luc van der Westhuizen (o.11) het albei agste plek in gewigstoot behaal.
Imke Roux (o.12) het weereens ʼn skouspelagtige vertoning op die baan gelewer en in die 75m-hekkiesitem die silwer medalje gevat en in die 150m-hekkiesitem ʼn puik eerste plek behaal en daarmee die goue medalje ingepalm. Hartlik geluk aan elkeen van hierdie atlete.