Laerskool Durbanville atlete kook by JC Swart Prestige Atletiekbyeenkoms

Laerskool Durbanville het op 31 Oktober vir die tweede opeenvolgende jaar die JC Swart Prestige atletiekbyeenkoms aangebied. 10 skole het aan hierdie spogbyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms is moontlik gemaak deur die borg, Spar Palm Grove. Na afloop van die byeenkoms is die onderskeie spanwenners aangekondig – Laerskool Durbanville het die spantrofeë in die o.10-seunsafdeling sowel as o.11-seuns- en o.13-seunsafdeling gewen.
Die Durbie-atletiekspan was ook die algehele wenners van die dag.
KSP JCSPodium 12. Die uitslag vir dogters o.11 gewigstoot is: (van links na regs). Nina Smit (Eikestad), Mila Vermeulen (Durbanville) en Alyssa de Silva (Somerset-Wes Primêr)Mila het in hierdie item ook die rekord verbeter.
KSP JCSPodium 17. Die 800m vir seuns o.13 was ‘n spannende wedloop met al drie podiumplekke wat die rekord verbeter het: (van links na regs). Bion West (Van Riebeeckstrand), Louis Store (Durbanville) en Neil Conradie (Durbanville)
KarelJSCAksie 27. Lisa Krige in aksie in die 80m naelloop vir dogters o.11.
KarelJCSAksie 22. Leah Goebel neem deel aan die 75 m Hekkies vir dogters o.12.
KarelJCSAksie 29. Lucien Lewis het in die 80m naelloop vir seuns o.11 deelgeneem.
KSP JCSPodium56. Die o.10 seuns ontvang die trofee vir die meeste punte aangeteken. Agter (van links na regs)Craig Thomas (eienaar van Spar Palm Grove), Nicky Faro (bestuurder), mnr JC Swart (voormalige skoolhoof van Laerskool Durbanville) Voor (van links na regs) Tiaan Janse van Rensburg, Liam Engelbrecht, Martus Schoeman, Dian Botha en Arno Engelbrecht.