Laerskool Bellville-Noorder presteer in nuwe sport asook oud-BN’ers
Dunnyelle du Plessis (gr. 6) het deelgeneem aan die RR Juniors Dogters Hokkie Toernooi wat by die Hoërskool DF Malan hokkie-astro aangebied was. Sy is aangewys as een van die Top 40 Junior Dogters en haar span het 3de gekom. Veels geluk. Ons skool het nie hokkie as amptelike wintersport nie weens ons grootte maar stel ons kinders (meisies én seuns) wel daaraan bloot dmv. hokkievaardigheids-lesse ná alle amptelike sportoefeninge (rugby-en netbal) op sekere dae verby is. Laerskool Bellville-Noord is daarom veral trots op hierdie meisies wat dié sport ernstig opneem en verder neem.

Dunnyelle du Plessis

Dunnyelle du Plessis

Juan-Mari du Plessis
Nog oud-BN’ers wat by dieselfde toernooi (seniors afdeling) deelgeneem en ook pragtig presteer het is haar suster Juan-Mari (Hs DFM), asook Kihara Pelzer (Hs Bellville) en Zoë Muller (Hs Bellville). Hul het almal met hokkie by BN se hokkievaardigheidslesse kennis gemaak en verlief geraak op hierdie nuwe sport. Kihara en Zoë het ook in die o.14 B-span van Hs Bellville gespeel terwyl hul nog in graad 7 was.

Kihara Pelzer (middel)

Zoë Muller