Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub leer meer van allerlei diere
Die afgelope twee naweke het die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord meer geleer van allerlei diere deurdat ons eers Giraffe World (Joostenbergvlakte) en daarna Quenti Alpakka-plaas (Wellington) besoek het. Tydens die eerste uitstappie het ons meer oor veral inheemse Afrika-diere geleer terwyl ons tydens die tweede meer oor alpakkas geleer het en hoe nuttig hul deesdae vir ons boere in SA is. Tydens die eerste kon ons net na die diere kyk deur en oor heinings of glas (behalwe die slang waaraan die kinders na afloop van ‘n baie interessante vertoning kon raak) terwyl tydens die tweede kon hul self aan die diere raak en tussen hul rondbeweeg.

Alpakkaplaas.

Alpakkaplaas.

Giraffe world

Giraffe world

Giraffe world