Hoërskool Durbanville eerste dogtershokkiespan vaar puik
Geluk aan Hoërskool Durbanville 1ste Dogters Hokkiespan wat die Bowl gewen het by die All Girls Hokkietoernooi.
Geluk ook aan die volgende spelers wat aangewys was as Speler van ‘n Wedstryd:
- Amy Ten Cate
- Ronel Rautenbach
- Zieke Rossouw
- Kiara Kömmer
Dit was ‘n voorreg om teen van Suid Afrika se top skole te kompeteer. Geluk Dames, ons is trots op julle!