Hoërskool DF Malan leerder se kreatiwiteit ken geen perke nie
Hoërskool DF Malan leerder Dirk Hagen het tydens die Oppie Tong Af Redenaars-kompetisie in die Top Tien Nasionaal geëindig van 400 deelnemers landwyd. Hulle het in die finaal net die eerste 3 posisies aangedui, maar Vorster Venter gesê hy is in die top 10 nasionaal.
Dirk se prestasies by Con Spirito Forte – Finale Rondte:
- Kreatiewe Skryfwerk 1ste Taal: Afrikaanse Opstel – 99% (Itemwenner)
- Kreatiewe Skryfwerk 1ste Taal: Afrikaanse Poēsie – 97% (Itemwenner)
- Instrumentaal: Kitaar (Klassiek) – 99% (Itemwenner)
- Ongedramatiseerde Poësie Drama (Eie keuse) – 92%
- Afrikaans 1ste Taal Redenaars – 93%
Hy was nasionaal ‘n wenner vir sy Kreatiewe Skryfwerk (Opstel & Poësie) sowel as sy kitaar waarin hy uitsonderlik presteer het. Hy is tans besig met Graad 5 in musiek – Trinity – asook musiekteorie wat hy nog elke jaar geskryf het.
