Hoërskool DF Malan swemmer het behoorlik met die louere weggestap
ADVERTISEMENT
Ben Volschenk het 31 Maart aan die Suid-Afrikaanse Swem-Streekskampioenskappe (Vlak 3) deelgeneem en het behoorlik met die louere weggestap. In sy ouderdomsgroep (15 tot 16) het hy die volgende goue medaljes ontvang: vir beide die 50m- en 100m-vlinderslag, die 100m- en 200m-vryslag,die 200m-rugslag en die 200m individuele medley. Ben het ook verskeie silwer medaljes vir vryslag verower: die 400m, 50m en vir twee aflosse (mans en gemeng). Hy het brons ontvang vir die 4x50m-aflos (gemeng). Hoërskool DF Malan is trots op jou mooi prestasies!