Hoërskool DF Malan netbalspeler presteer
Hoërskool DF Malan leerder Nelke Bezuidenhout is vir die WP o.15A-Aksie Netbalspan gekies. Die IPT sou vanaf 1 April plaasgevind het, maar as gevolg van Covid-19 gaan die toernooi nie voort nie.
WP-netbal het besluit om erkenning aan die spelers te gee, aangesien hul weens die pandemie nie kon deelneem nie. Baie geluk, Nelke!