Die Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub bied verskillende ervarings aan sy lede
ADVERTISEMENT
Die Groentjiesklub is vanjaar weer baie aktief en bied vele verskillende ervarings aan hul lede. Hulle het die Melkbossie Farm Animal Sanctuary besoek (18 én 19 Februarie) asook die Taalmonument en die Sterrekykpiekniek (11 Maart) bygewoon.

Melkbossie uitstappie

Melkbossie uitstappie

Sterrekyk 2023

Sterrekyk 2023

Sterrekyk 2023

Melkbossie uitstappie
Die laaste kamp wat tydens die langnaweek (17 tot 19 Maart) plaasgevind het in die Touwsrivier/Koo-vallei-omgewing. Daar het toe gekamp in die Drie Kuilen Natuurreservaat en ook besoek gebring aan Proteaplaas waar ons hul trekkerrit meegemaak het. Ons het albei aande op ons rûe in die veld lê en sterre bewonder en die meeste kampers het die eerste keer ooit in hul lewe regte egte stilte beleef. Daar was ook ‘n hindernisbaan wat hul meer as een keer aangepak het. Die kampers het verder heerlik geswem in plaasdamme, vars lug ingeasem, op twee nagmarse in die veld gegaan en soms sonder enige flitsligte in die donkerte gestap en tog kon hul dinge om hul en die paadjie raaksien. Dit was net eers vir hul ‘n totale vreemdheid om sonder enige lig (in die stad is daar altyd êrens ‘n lig aan) in die donker te kon stap en eers wou hul glad nie. Toe hul oë eers aan die donkerte gewoond was, het hul dit nogal geniet. By Proteaplaas het hul die asemrowendste uitsigte asook die mooiste proteas tydens ‘n trekkerrit teen die berg op gesien.

Die Groentjies geniet die swemdam in die Drie Kuilen Reservaat terdeë

Die stadsjapies bekyk die pragtigste proteas van naderby

) Die stadsjapies bekyk die pragtigste proteas van naderby

Die stadsjapies bekyk die pragtigste proteas van naderby

Die spannetjie bo-op die berg by Proteaplaas by die trekker wat hul teen die berg op geneem het.

Die klomp by Proteaplaas se dam.

Die hindernisbaan by Drie Kuilen.

Die hindernisbaan by Drie Kuilen.

Die klomp by Proteaplaas se dam.
Ons laaste twee uitstappies vir die kwartaal is na die Drakenstein Leeupark. Volgende kwartaal gaan ons ‘n Alpakka-plaas asook Giraffe World besoek en heel moontlik ook die Hugenote Tonnel van naderby verken.