Paul Roos Gimnasium bied aan BeKoor 2023
ADVERTISEMENT
Bekroonde skoolkore tree op by PRG se jaarlikse bekoor. Paul Roos Gimnasium is trots om die 10de jaarlikse BeKoor koorkonsert op Woensdag, 3 Mei, aan te bied. Dié aand word moontlik gemaak deur X-Chequer Fund Management. Die konsert sluit opvoerings deur bekroonde kore van Hoër Meisieskool Bloemhof, Rhenish Girls’ High, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Stellenbosch en Bridge House School in.
Die konsert sluit ook ‘n optrede deur die talentvolle Paul Roos Rock Orkes in. Die eerste BeKoor is in 2011 aangebied en was ten doel om die talent van Stellenbosse kore in een konsert ten toon te stel. Sedertien het belangstelling in dié gewilde konsep ver wyer as die grense van Stellenbosch gestrek; en is BeKoor bekend as ‘n geleentheid waar koormusiek gevier word en daarin slaag om skole en families saam te trek. Die konsert begin 18:30 by die Paul Roos Sentrum (op die Paul Roos Gimnasium skoolgronde). Kaartjies is by die deur beskikbaar. Kontak gerus die skool vir verdere navrae: