Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Strand se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Strand se hoofseun: Brendon van Rooyen
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om te sien die verskil wat ek in my skool kan maak as leier – groot of klein.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek kan kommunikeer met enige tipe persoonlikheid en in groepe werk. Ek is ook sportief en kreatief.
- Swakpunt: Ek sukkel om dadelik in ‘n groep te werk en met nuwe mense aan te pas.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Nee; hoekom wil ek aan iets verander wat klaar werk. Ek/ons kan dit net verbeter.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die gees en wilskrag van die leerders.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil nie te hoog mik nie. Ek wil graag vir van my vakke bo 70% kry en vir van my vakke bo 80%.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Dit gaan moeilik wees, maar byt vas en hou aan probeer, maak nie saak hoe lank dit vat nie. “When life puts you in a tough situation don’t say WHY ME; say TRY ME” –The Rock
Wie is jou rolmodel? Dit klink dalk soos iets anders; ek het nie ‘n rolmodel, ek is my rolmodel. Ek werk elke dag daaraan om van myself ‘n beter persoon te maak. Ek kyk wel na ander se optredes en daaglikse lewe vir leiding en raad.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil graag aan ‘n universiteit studeer, maar ek is nog onseker waar en of dit in Suid-Afrika gaan wees.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? The Flash/ die goed wat gedoen kan word met superspoed is oneindig.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By ‘n toutrekkompetisie saam met die hele toutrekfamilie en –vriende.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Peyton R. List.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Ek geniet albei; dit hang af van die weer en watter dag
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Vir ure lank my gunsteling TV-reeks kyk
- Andriod of iOS? Ek het ‘n Android; ek hou van IOS, maar ek kan dit nie bekostig nie.