Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Strand se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Strand se hoofdogter vir 2022: Lien Hoogenboezem
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien verskriklik uit daarna om die gr.8’s te verwelkom. Ek sien ook uit om projekte saam met die res van die prefekte aan te pak en ‘n suksesvolle jaar te hê.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterk: Ek is baie goed om onder druk te werk. Ek is baie trots dat ek altyd vriendelik en netjies is.
- Swak: Ek sukkel soms om organiseerd te wees en ek ooreis myself partykeer.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sou baie graag dat Covid-19 nie ons sosiale gebeurtenisse beperk nie.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ek geniet dit verskriklik om betrokke te wees en saam met my vriende deel te neem aan enige iets.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil graag ten minste 7 onderskeidings kry.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Doen alles wat jy kan, hoërskool gaan baie vinniger as wat jy dink.
Wie is jou rolmodel? My ma is my rolmodel, sy het my baie geleer deur om as ‘n voorbeeld op te tree van ‘n sterk vrou wat dinge regkry.
Wat is jou planne vir na skool? Ek is nog nie 100% seker nie, maar ek wil definitief gaan studeer. Miskien iets in ‘n ingenieurswese- of in `n mediese rigting.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Ek sou Dr. Strange wou wees, net omdat hy baie “cool” kragte het en ek sal daarvan hou om tyd te kan beheer.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Jy sal my dikwels by die huis kry met ‘n boek in die hand of voor my rekenaar. Daar is amper altyd een van my vriende naby.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Ryan Reynolds of Tom Holland.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Wegneemete
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Andriod of iOS? Android