Laerskool Eikestad speel puik rugby by Grey College Super Series Rugbytoernooi
Eikestad o/11A-rugbyspan het vir eerste keer aan die bekende Grey College Super Series Rugbytoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die manne het uitstekende rugby gespeel en eindig algeheel 4de uit 14 spanne.