Kwartaal 3 kultuur hoogtepunte vir Hoërskool Strand
ADVERTISEMENT
Kwartaal 3 kultuur hoogtepunte vir Hoërskool Strand
Dans Wêreldkampioen! Mieke Carr (graad 8) is na afloop van die “Dance World Cup” in Portugal as wêreldkampioen in haar afdeling “Junior Dancer Jazz Solo” gekroon! Asof dit nie genoeg is nie, het sy ook ’n 3de plek in die afdeling “Showdance Solo” en 8ste plek in “Lyrical Solo” behaal. Welgedaan, Mieke!
- Mieke Carr, het ook vanaf 2 tot 6 Augustus aan die World Lyrical Dance Federation se finaal in Ierland deelgeneem.
- Mieke behaal die volgende puik uitslae:
- o.16 Solo Jazz Level 2 – Eerste plek met goud
- o.16 Solo Acro Intermediate – Eerste plek met goud
- o.16 Solo Lyrical Level 2 – Eerste plek met goud
- o.16 Jazz Improv – Eerste plek met goud
Haar duet, sowel as twee groepe waarin sy gedans het, het ook goud ontvang.
FAK Allegretto Toneelfees: Hoërskool Strand se senior toneelspan is reeds verlede jaar genooi om vanjaar aan die FAK Allegretto Toneelfeees deel te neem. Dit was vanjaar die eerste keer dat die Allegretto Toneelfees ook in die Wes-Kaap aangebied is. Hierdie toneelfees is die tweede grootste toneelfees in Suid-Afrika. Hul slagsprek vir vanjaar is: “Maak geskiedenis”. Hoërskool strand het ook geskiedenis gemaak deur die heel eerste Wes-Kaapse skool te word wat aan hierdie fees deelgeneem het. Die toneelspan het die beoordelaars verras met hul heerlike vars teks “muse” en is geprys vir hul natuurlike toeneelspel en algehele goeie, afgeronde voorbereiding in teks, beligting, dekor en regie. Omdat dit die fees se eerste jaar in die Wes-Kaap is, het slegs ses skole ingeskryf. Die Arende het puik presteer en met 19 sertifikate weggestap: 1 Brons, 15 Silwer en 3 Goud.

Allegretto Toneeelfees
Gemini-Sangekompetisie: Saskia Mc Dilling het onlangs aan die Gemini-sangkompetisie deelgeneem waar sy ‘n tweede plek in die Seniorafdeling behaal het. Sy behaal ook die hoogste punt vir Gospelsang sowel as die Musical/Broadway-kategorie.
Saskia het vroeër in kwartaal 2 ook aan die Wes-Kaapse Virtual Eistedfodd deelgeneem en die volgende uitslae behaal:
- 95% Cum Laude vir Musical/ Broadway
- 99% Cum Laude vir Eie Keuse