HS Strand dansers presteer
Veels geluk aan die Hoërskool Strand dansers – Christo Thiart, Linke Thiart, Karli van der Merwe, Mieke Carr en Eldine Weir. Al vyf het so goed by die ‘Dance World Cup’ in Centurion presteer dat hulle genooi is na die wêreldkampioenskappe in Portugal. Hulle het goud gekry vir: Lyrical (groep), Hip-Hop (groep), Show Dance (groep), Street Dance (groep). Al vyf het ook silwer en brons medaljes gekry vir verskeie groepkategoroieë.
Hulle het ook deelgeneem in die nasionale ‘World Lyrical Dance Federation’ kompetisie. Al vyf het weer so goed gevaar dat hulle na die wêreldkampioenskap in Dublin, Ierland genooi is. Ons is veral beïndruk met Christo Thiart wat ‘n eerste plek trofee vir sy Lyrical-solo gewen het en Mieke Carr wat drie eersteplektrofeë vir haar Akrobatiese, Jazz en Lyrical solos verower het. Sy het ook ‘n spesiale toekenning vir ‘Foutlose Opvoering’ gekry.

Foto v.l.n.r.: Linke Thiart, Eldine Weir, Mieke Carr, Karli van der Merwe, Christo Thiart