Hoërskool Strand Vyfkampatleet skitter in Kampioenskappe
Alexander het ook op Saterdag, 6 Maart 2021 aan die Wes-Kaap Vyfkamp te Stellenbosch, Paul Roos deelneem. Hier het hy ’n eerste plek verower en het vir die SA Vyfkamp Kampioenskap te Somerset College, Somerset-Wes op 27 Maart 2021 gekwalifiseer. Tydens ’n baie strawwe kompetisie by die SA Vyfkamp Kampioenskap het hy weer eens ’n tweede plek behaal en van die land se beste skermatlete geklop.