Hoërskool Parel Vallei wen die Ashes teen Somerset College
Dit was ‘n geskiedkundige oomblik toe Hoërskool Parel Vallei se eerste span die jaarlikse Ashes teen Somerset College vir die eerste keer in 20 jaar wen. Speler van die wedstryd, Josua Smit het ‘n opwindende vyf paaltjies geneem. PV het nog 30 lopies van sewe boulbeurte gekort toe Sevi Barlow inkom op nommer vyf om 33 lopies (nie uit nie) van 25 balle aan te teken en so vir Parel Vallei ‘n ses-paaltjie oorwinning te verseker.

Parel Vallei wen die Ashes