Hoër Meisieskool Bloemhof atlete maak nasionaal opslae
ADVERTISEMENT
Hoër Meisieskool Bloemhof atlete maak nasionaal opslae. Die atletiekseisoen het weereens gewys dat Bloemhof jaarliks van die top atlete in die land oplewer. Ons top atlete het die afgelope skoolvakansie aan die SASA Nasionale Hoërskool Atletiekkampioenskappe as deel van die Wes-Kaapspan in Germiston deelgeneem. Lana Oberholzer en Jeannie Myburgh het seker gemaak ons bring goue medaljes huistoe! Die volledige uitslae is as volg:

Lana Oberholzer podium

Lana Oberholzer
Lana Oberholzer – o.17 100mH: 13.64 sekondes (943 punte en PB) = Silwer! Sy was slegs 0.01 sekondes agter die wenner. In die 400mH het sy ‘n merkwaardige goud verower deur die wenstreep eerste oor te steek met ‘n tyd van 1:01.34 wat vir 938 punte op die telbord gesorg het.
- Jeannie Myburgh (foto 2) – o.15 Paalspring: 3.2 meter wat vir haar ‘n GOUE MEDALJE beteken het!
- Tayla Deerans – o.17 Driesprong: 10.95m (715 punte) besorg vir haar ‘n sewende plek nasionaal.
- Mignonne de Beer – o.17 100mH: 13.76 sekondes (931 punte en haar seisoen se beste tyd) beteken sy het net na Lana ‘n brons medalje ingepalm met hierdie item. Sy het ook aan Verspring deelgeneem en met ‘n afstand van 4.73m het sy 473 punte behaal.
- Lara Ehlers (foto 5) – o.17 400m: 57.03 sekondes (903 punte) behaal sy ‘n vierde plek. Met haar 200m item het sy binne 25.06 sekondes die eindstreep oorgesteek en haar persoonlike beste bereik met 897 punte.
- Minke Shaw (foto 4) – o.15 3000m: 11:52.74 behaal 790 punte en ‘n 16de plek vir hierdie atleet wat vir die eerste keer in hierdie ouderdomsgroep deelneem.
- Carmi Shaw (foto 3) – o.17 2000m Hindernis: 8:33.01 met 694 punte.
Ons weet hoe hard het elkeen van hierdie atlete gewerk. Om op nasionale vlak hierdie prestasies te bereik is werklik uitsonderlik. Baie geluk aan elkeen van julle!

Jeannie Myburgh (Middel)

Jeannie Myburgh