Hoër Meisieskool Bloemhof atleet toon veerkragtigheid en kruip oor die wenstreep
ADVERTISEMENT
Hoër Meisieskool Bloemhof atleet kruip oor die wenstreep. Elandri Schmidt, ‘n graad 12-leerder aan HMS Bloemhof, het met haar 3000m-item by die ASA Junior Atletiekkampioenskappe op 25 Maart in Pietermaritzburg gewys waarvan ‘n ware Bloemhoffer gemaak is. Sy het op deelgeneem aan die 3000m terwyl haar spesialiteit eintlik 1500m is. Haar bene het ingegee net voor die wenstreep, maar sy het voortgebeur en oor die wenstreep gekruip.
James Moloi, hoof van ASA, het aan Die Burger gesê Elandri se prestasie toon veerkragtigheid. “Sy het in die moeilike toestande aan hitte-uitputting gely. Sy het in die laaste rondte oor die bane begin swenk en in die pylvak inmekaargesak. Sy het daarin geslaag om oor die lyn te kruip en haar skouers oor te kry om ‘n tyd te registreer, wat haar die tweede plek besorg het.” Haar volledige uitslae was as volg:
- o.20 1500m Vrouens: Brons medalje
- o.20 3000m Vrouens: Silwer medalje
Sy het ook op 14 April aan die Cape Milers/Endurocad Wêreld Atletiek Kontinentale Atletiektoer in Groenpunt deelgeneem. Hier het sy aan die 3000m in die Elite Seniorkategorie deelgeneem en ‘n agste plek behaal asook ‘n seisoenbeste van 10:02.