Hoërskool Jan van Riebeeck kwartaal 1 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Ons het ‘n ongelooflike eerste opedag gehad! Baie geluk aan al ons leerders betrokke – jul was ware sterre! Dankie aan al ons graad 6- en 7-besoekers – ons kan nie wag om jul volgende jaar hier by ons skool te verwelkom nie!
Terwyl die opedag aan die gang was, het hierdie groep dinamiese debatteerders die skool op hul eie manier verteenwoordig deur in ‘n
woordewisseling met die dames van Rustenburg Girls’ High School te verkeer. Terwyl die seniors gedebatteer het oor ‘n beleid wat die salarisse van staatsamptenare sal verminder indien hul nie hul verkiesingsmanifes nakom nie, het die juniors hul stemme dik gemaak oor die waarde van harde werk teenoor sukses in die samelewing. Die seniors het Rustenburg 2 – 1 geklop en, alhoewel die juniors net-net 1 – 2 verloor, ontvang Nayla Walker in graad 9 die toekenning vir beste junior spreker. Wel gedaan, Jan van Riebeeckers!
Atletiek:

Atlete vir Affies byeenkoms
Atletiek Interskole in Stellenbosch
Musiek: Groot opwinding heers in ons musiekdepartement! Aangesien meer as 50% van ons graad 8-klas vanjaar musiek as vak neem en ons musiekaanbieding van krag tot krag gaan, moes daar vinnig planne beraam word om aan ons Jan van Riebeeckers die diens te lewer wat hul verdien… Die eindresultaat: ons het talle nuwe instrumente aangekoop en dis pas afgelewer!