Primêre Skool Worcester fietsry prestasie
Primêre Skool Worcester fietsry prestasie. Mnr. André Cilliers (Primêre Skool Worcester) en mnr. Stephan Schutte (Jaffe’s Ford Worcester) het op 25 Februarie aan die Karoo Burn deelgeneem. Hulle het 242km fietsgery ten bate van ‘n fondsinsameling vir Cariah van Zyl. Cariah (1jaar en 5 maande) het 2 kogleêre inplantings ontvang en dié twee, met behulp van die gemeenskap, wou graag ‘n verskil maak deur finansiëel by te dra.