Laerskool Worcester-Oos geniet hul rugby en netbal toer na Cradock
ADVERTISEMENT
Tydens die afgelope vakansie het die o.13-rugby- en netbalspanne getoer na Cradock in die Oos-Kaap om aan die Marlow Rugbytoernooi en Laerskool Cradock se Netbalfees deel te neem. Dit was ‘n baie goeie ervaring vir ons seuns en meisies, nie net op die sportveld nie, maar in alle opsigte. Hulle het te alle tye goeie gedrag getoon, goeie sportmangees gehandhaaf en die Laerskool Worcester-Oos se naam hoog gehou.
Die netbalspan wen drie wedstryde en verloor drie wedstryde. Hulle het 3de in hul poel geëindig. Hulle moes daarvolgens die laaste dag teen Laerskool Gericke uitspeel en eindig toe in ‘n algehele 6de plek vir die toernooi. Die seuns het harde wedstryde gehad en goeie rugby gespeel. Hulle wen hul eerste wedstryd en verloor die laaste twee teen Laerskool Volschenk en
Gill Primary Boys. Verhoudings is gebou, bande is gevorm en baie herinneringe is gemaak. Ons is dankbaar vir geleenthede soos dié!