Laerskool Montagu Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe 2023 deelnemers
ADVERTISEMENT
Laerskool Montagu Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe 2023 deelnemers: Zack Roos, Jenö Jacobs, Ivanah Pekeur, Josua du Toit en Mariké-Mari McAlpine het Boland verteenwoordig tydens die Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe op 11 Maart 2023. Die volgende atlete is opgeneem in die Wes-Kaap Atletiekspan wat van 19 – 21 Maart aan die ASA Primêre Skole Atletiek Kampioenskappe in Pietermaritzburg gaan deelneem: Jenö Jacobs, Zack Roos en Ivanah Pekeur. Hulle het uitstekende prestasies tydens die Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe behaal:
- Jenö Jacobs (S/12): 75m hekkies (1ste plek), 150m hekkies (1ste plek) en 150m (1ste plek).
- Zack Roos (S/13): Gewigstoot (1ste plek) en Diskusgooi (2de plek).
- Ivanah Pekeur (D/12): Hoogspring (1ste plek).
Baie sterkte aan dié atlete.

V.l.n.r. Jenö Jacobs, Zack Roos, Ivanah Pekeur