Laerskool Montagu vier hul 50ste verjaarsdag
Laerskool Montagu het op 24 Maart hulle skoolgebou se 50ste bestaansjaar gevier. Die vieringe is Vrydagoggend met ‘n saalbyeenkoms begin, waar oud skoolhoofde, onderwysers en ouers gepraat het. Daar is ook na foto’s van die afgelope 50 jaar gekyk. Daarna het ‘n heerlike speletjiesdag op die leerders gewag. Die aand is daar tot laat gedans deur die ouers en vriende van die skool.
Dankie aan almal wat hierdie ‘n baie besonderse dag gemaak het. ‘n Groot dankie aan almal wat ‘n bydrae gemaak het om die afgelope 50 jaar ‘n skool te bou waarop ons baie trots is.
- V.l.n.r. Mnr. Errol en Anita Punt (Skoolhoof: 1974 – 2003), Mnr. Jan en Dawieda Krüger (Skoolhoof: 2011 – nou) Mnr. Werner en Dimaré van Huyssteen (Skoolhoof: 2003 – 2010)
- 50ste
- 50ste
- 50ste
- 50ste