Laerskool Montagu atlete blink uit by SA Atletiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Montagu atlete blink uit by SA Atletiek Kampioenskappe. Laerskool Montagu is baie trots op die drie atlete wat deelgeneem het aan die SA Atletiek Kampioenskappe in Pietermaritzburg. Hulle het puik presteer en hulle uitslae is soos volg:
- Ivanah Pekeur (D12): Hoogspring (12de plek)
- Zack Roos (S13): Gewigstoot (4de plek), Diskus (6de plek)
- Jenö Jacobs (S12): 150m Hekkies (1ste plek), Aflos (1ste plek), 150m (2de plek), 75m Hekkies (4de plek)
Die Monties is verskriklik trots op die atlete. Baie geluk.

V.l.n.r. Jenö Jacobs, Zack Roos, Ivanah Pekeur