Laerskool Gericke Tweekamp atlete presteer
ADVERTISEMENT
Op 19 Oktober was dit die tweede Boland Tweekampbyeenkoms in Wellington by Hoërskool Hugenote. Alhoewel Sion Nieuwenhuis, Ankia Slabbert, Irma-Ann Orffer en Adanje du Plessis nou maar eers in gr. 2 is, het hulle almal in die o. 11-afdeling deelgeneem. Irma-Ann eindig algeheel vierde met 2029,36 punte. Ankia eindig met 1997,05 punte, Adanje met 1977,98 punte en Sion met 1814.54 punte. Baie geluk! Laerskool Gericke is baie trots op julle.