Laerskool Gericke leerders haal o.13 Witzenberg krieketspan
ADVERTISEMENT
Die o.13 Witzenberg krieketspan is bekendgemaak! Baie geluk aan die agt seuns van Laerskool Gericke wat gekies is vir dié span. Ons wens julle alle sterkte toe en weet dat julle die skool se naam sal hoog hou. Ons is ook baie trots daarop dat hierdie span deur twee van ons eie Gericke-afrigters, mnr. Theo Ferreira en mnr. Pieter Basson, afgerig sal word.

(Foto) V.l.n.r.: Janco Koen, Lian Visser , Ruben Giliomee, Martin du Plessis, Hugo Wium, Zachary Watt, Kobus Prins, Gerrit Heroldt.