HTS Drostdy koor maak hul merk by die ATKV Applous Koorkompetisie
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy koor het Vrydagaand aan hulle debuut by die streeksfees van die ATKV-Applous koorkompetisie in die meriete afdeling gemaak, waar hul die hoogste toekenning, goud, behaal het! Ons is baie trots op ons koor en wens hul alle sterkte toe vir alles wat nog die jaar voorlê. Ons deel graag wee kommentaar van die beoordelaars en sal binnekort ‘n video ook plaas sodat julle saam met ons kan luister:
“‘n Koor met ‘n baie mooi warm, resonante binding. Goeie repertoriumkeuse. Baie geluk met hierdie lieflike werk! ” “Baie mooi uitvoering met ‘n ambisieuse program. Julle handhaaf ‘n mooi standaard en maak goeie stylverskille.” “Pragtige direkte kommunikasie met gehoor! Daar is ‘n opvallende vreugdevolle energie wat bydra tot die geslaagde oordrag van die musikale & teksinhoud van elke lied – geluk! ”
“Skitterende fraselyn-hantering! Puik begeleiding en geslaagde humoristiese vertolking ” (Tieners).
“Sielvolle atmosfeerskepping. Suiwer, homogene unisoon. Lied bou op tot jubelebde slot met visueel treffende aksies!” (Alle volke)”Besondere mooi musikale aanslag & balans in koor & met begeleiding. Aangrypende slot-atmosfeer!” (The Ground)
“Stylgetroue energieke aanslag met *konstante trom-tempohantering.* ‘n Skouspel van uitmuntende visueel treffende & afgeronde choreografie.” (Sizongena)Baie geluk ook aan mevv. Hanlie Bruyns, Madre Kleynhans en mnr. Arnu Lombard julle is ongelooflik.