Hoërskool Robertson matrieks vier hul laaste skooldag
Hoërskool Robertson se matrieks het hulle laaste dag goed gevier. Leerders lui die klok as hulle graad 8 in die skool kom en lui weer die klok as hulle graad 12 is. Dit is ‘n jaarlikse tradisie wat plaasvind. Leerders teken ook mekaar se skool hemde en skryf ook boodskappe op mekaar se hemde.
Ons sluit dan af deur die hoofseun en hoofdogter wat die matriek klas van 2020 toespreek en daarna Mnr Bradford (skoolhoof). Ons wil ook graag baie sterkte se aan ons matriekklas van 2020 wat huidiglik besig is met hulle eind eksamen.