HJS Paarl se kategorie wenners van 2020
Hier is HJS Paarl se kategorie wenners wat op Maandagaand 15 Desember tydens hulle personeel aangewys is. Baie geluk aan elke opvoeder wat ‘n toekenning ontvang het. Dankie vir die tyd en toewyding wat julle elke dag met soveel passie uitleef in jul roeping om te leer en te lei. Mag julle nog lank en gelukkige jare by HJS Paarl ervaar.

Van links na regs: Stefan van Hansen (Onderwyser van die jaar), Corne van Tonder (Nuweling van die jaar), Wena Louw (Senior bestuur), Nollies de Vries (Senior bestuur), Derek Swart (Senior bestuur), Johan Strauss (Senior bestuur), Mari Nel (Innoveerder van die jaar) en Pops Sadie (Senior bestuur). Senior bestuur het die toekenning vir Prestasie van die jaar : Covid-19 leierskap ontvang.