Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Labori se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Labori se hoofseun: PG Vosloo
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om die skool jaar weer ‘n prettige jaar te maak wat elke leerder sal geniet.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
Sterkpunte
- Ek is presies.
- Ek soek altyd vir ‘n meer doeltreffende manier om iets te doen.
- Ek is soos die engels man sal sê ‘n ‘Go-getter’.
- Ek strewe altyd vir uitnemendheid.
- Staan op vir wat reg is.
Swakpunte
- Is nie altyd so goed met mense nie.
- Luister nie altyd vir ander nie.
- Is nie baie simpatiek nie.
- Kan gou kwaad word.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ja, ek wil skool weer pret maak vir die leerders van Labori.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die maats en skool gemeenskap sowel as die dinge wat ons leer (ek vind dit baie interessant).
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag Gr.12 se Dux-Leerling wil wees.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Staan sterk in wat jy glo en mik vir die hemele.
Wie is jou rolmodel? Chesley Sullenberger.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil graag ‘n meganiese ingenieur word en dan spesialiseer in aërodinamika.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Thor, ek hou van sy hammer en die hele weerlig ding.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By die huis besig om aan een of ander projek te werk of motorfiets te ry. Op spesiale Saterdae sal ek gewoonlik saam met my vriende motorfiets by Zone 7 of Atlantis gaan ry.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Kristen Stewart
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappucino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? ‘n Musiekfees bywoon
- Android of iOS? Andriod