Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Labori se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Labori se hoofdogter: Chelsea Julius
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om my posisie te gebruik in diens van my skool – om te hoor, sien, analiseer en oor te gaan na aksie. Ek sien ook uit daarna om te groei as leier aangesien dit vir my ‘n baie belangrike vaardigheid is.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek het ‘n ekstreme dryfkrag. Ek het ook goeie probleemoplossings-vaardighede.
- Swakpunte: Ek kan soms baie ongeduldig wees. Ek raak ook vinnig emosioneel betrokke.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal graag die skooltrots onder alle leerders wil bevorder. Labori is ‘n ongelooflike skool en soms word ons waarde en potensiaal onderskat.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die leerders en onderwysers se verhoudings. Die onderwysers gee regtig om en ons is inderdaad ‘n Viking-familie.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil graag ‘n A-simbool verwerf en kwalifiseer vir ‘n goeie beurs.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Hoë bome vang die meeste wind. Baie oë is nou op jou gerig en jy gaan dalk baie kritiek ontvang, maar vat dit soos dit kom en verbeter wat jy kan. Leef ten alle tye volgens jou waardes en erken as jy verkeerd was. Dis baie belangrik om ALTYD met integriteit op te tree.
Wie is jou rolmodel? Die Wonder Woman karakter van DC Comics.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil Bcom Besigheidsbestuur studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman. Sy is ‘n sterk vrou met sterk morele waardes. Sy veg vasberade vir dit wat sy glo reg is.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By die huis saam met my gesin en hond.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush?’ Taylor Kinney (Kelly Severide van Chicago Fire).
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Krieket
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Wegneemete
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Andriod of iOS? Android