Laerskool Courtrai atlete vaar puik by Wes-Kaap kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die volgende atlete van LS Courtrai het puik gevaar by die Wes-Kaap kampioenskappe en is opgeneem in die Wes-Kaap span wat aan die SA Kampioenskappe in Pietermaritzburg gaan deelneem.

V.l.n.r.: Janke de Necker (13 jaar, graad 7) goud in hoogspring, Nicolaas Basson ( 11 Jaar, graad 5) goud in hoogspring; Mia Janse van Noordwyk (11 jaar, graad 5) goud in hoogspring en 70m hekkies, silwer in verspring, Annemie du Plessis (12 jaar, graad 6) silwer in 75m hekkies en silwer in 150m hekkies. Mia is aangewys as die beste baanatleet van die dag in die dogtersafdeling.