Hoërskool Labori leerder is gekies vir die Kaapse Wynland Netbalspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk, Faith Wolstenholme leerder van Hoërskool Labori! Ons is ongelooflik trots op jou met jou opname in die o.15 Kaapse Wynland Netbalspan. Hierdie span gaan deelneem aan die Inter-distrik Toernooi van Wes-Kaap Skole Netbal, wat van 16 – 19 Julie 2025 in Riversdal plaasvind.
Jou toewyding, talent en harde werk het vrugte afgewerp. Mag hierdie geleentheid vir jou net die begin wees van nóg groter suksesse! Labori staan sterk agter jou!