Hoër Landbouskool Boland kwartaal 1 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Jeugskou: Boland Jeugskou spog met ‘n rekordgetal deelnemers wat kwalifiseer vir die Agri Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe. 23 van ons leerders gaan deelneem op Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam om te kwalifiseer vir daardie gesogte Wes-Kaap kleure!
Kalahari Vasbyt: Welgedaan aan tien van ons seuns wat die Kalahari Vasbyt gedurende die afgelope vakansie voltooi het.

Handré Kleynhans, Paul Le Roux, Frans Zeeman, Daniël Fabricius, Fancois Smuts, Cilliers Louw, Evan Coetzee, Stephen Jackson, Louis-Nicolaas Kirsten en Nico Swart
Afgri Oesfees 2023- Mej Boland: Baie geluk aan ons wenner! Mej. Boland 2023 is Shelby Rosslee.
- 1ste Prinses – Lize-Marie Beukes.
- 2de Prinses – Tina-Marie Coetzee.
- Mej. Persoonlikheid – Anke Kriel.
- Mej. Kreatiwiteit – Mieke Viljoen.

Mej Boland
Krieket: Stefan Conradie het vanjaar ons krieket-rekordboeke herskryf tydens die 2022/23 seisoen. Stefan wat tans ‘n gr. 11 leerling is, is reeds kaptein van ons 1ste krieketspan. Hy het vanjaar sy 50ste wedstryd vir ons 1ste krieketspan gespeel. Stefan kry dit reg om in ‘n enkele seisoen 1020 lopies aan te teken.
- Dit sluit twee 100 talle en vyf 50 talle in.
- In die proses moker hy 145 grenshoue.
- Hy behaal ‘n gemiddeld van 38 lopies en ‘n lopietempo van 89.
Hiermee saam neem hy 46 paaltjies in 217 beurte. Stefan word ook aan die einde van 2022 gekies vir die Boland o.16-span en word as kaptein van hierdie span aangewys.

Stefan Conradie
Gholf:

Baie geluk aan ons Gholf 1ste span wat 4 – 2 teen Paarl Gim gewen het