Voorwoord Hoërskool Diamantveld teen Hoërskool Noord-Kaap
Vandag vier ons nie net interskole nie, ons vier tradisie , trots en ‘n tydlose mededinging tussen twee van Kimberley se mees gewaardeerde skole. Sport is ‘n onlosmaaklike deel van die samelewing en ‘n kragtige hulpmiddel in die opvoedingstaak. Sport op skool bly die die opvoeders se taak om die individu se talente te ontwikkel maar ook om ons leerders lewensvaardighede aan te leer.Vandag is ‘n geleentheid waar gemeenskappe byeenkom waar leerlinge hul talente ,vasberadenheid en skooltrots ten toon stel en waar vriendskappe gesmee word. Aan ons leerlinge : Dra vandag jou skool se kleure met trots ,speel hard ,eerlik en vir die spel self. Mag vandag se interskole gekenmerk word deur geesdrif en sportmanskap. Ons wens is dat elke leerling , afrigter ,ouer , ondersteuner en borge die dag sal geniet. Mnr Francois de Kock- Skoolhoof

Mnr Francois de Kock- Skoolhoof