Uitstekende Netbal prestasie vir Hoërskool Diamantveld

Baie geluk aan Hoërskool Diamantveld leerder Mari du Raan asook oud-leerling Jómari Lübbe met hul insluiting in die SA o.21 Afrika-kwalifiseerder (o.20) en/of Wêreldbeker-groep (o19). Mari en Jómari sal vroeg in Desember ‘n belangrike keur/opleidingskamp bywoon waartydens die Afrika-kwalifiseerderspan sowel as die Wêreldbeker groep gekies sal word. Julle laat Diamantveld skitter!