Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Martin Oosthuizen se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Martin Oosthuizen se hoofseun: Renier Ferreira
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien baie daarna uit om na 2 jaar, (hopenlik) so ‘n normaal as moontlike skooljaar te kan hê. Ek hoop ook van harte dat ons weer ons sport- en kultuurtoer kan onderneem en interskole kan aanbied.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? My sterkpunte is my sistematiese en doelgerigte manier van werk. Ek is ook ‘n positiewe persoon wat altyd die glas as half vol sien. My swakpunte lê daarin dat ek ongelooflik krities is op myself en ander en dat ek ‘n ongelooflike lelike handskrif het.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal graag ‘n nog groter betrokkenheid onder ons leerders wil hê. Ons is ‘n klein skool in die ware sin van die woord (ons was vanjaar 245-leerders) en hier kan een leerder se deelname werklik ‘n enorme verskil aan die aktiwiteit maak.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ons unieke samestelling van akademiese sowel as ‘n landbouskool. Ek geniet ook die feit dat, omdat ons ‘n klein skool is, ons as skool mekaar werklik ken. Ons het ook ‘n ongelooflike onderwyserskorps wat meer doen as wat van hulle verwag word en ongelooflik omgee vir die leerders.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Dit sal vir my ongelooflik lekker wees om my matriekjaar met ‘n gemiddelde A-simbool te kan afsluit. Ek hoop ook om weer opgeneem te word in ‘n Cravenweekspan.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Hou moed en vra as jy hulp nodig het. Kommunikasie is baie belangrik en daardeur kan ‘n mens baie probleme verhoed en oorkom.
Wie is jou rolmodel? Oprah Winfrey.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil baie graag na skool verder studeer in ‘n wingerdbou/plantstudierigting. Daarom is my oog op Elsenburg of die Universiteit van Stellenbosh vir verdere studies.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Iron Man – sy intelligensie en geld maak hom die superhero wat hy is.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry op… die gholfbaan saam met my pa en broer, besig om gholf te speel.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Cameron Diaz.
Kies een:
- Netbal, Rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-Reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Vir ure lank my gunsteling TV-Reeks kyk.
- Andriod of iOS? Andriod