Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Duineveld se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Duineveld se hoofseun: Malan Geldenhuys
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om Hoërskool Duineveld in ‘n skool te omskep waar ‘n goeie balans tussen akademie en sport gehandhaaf word.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek wil altyd seker maak dat regverdigheid geskied en net die beste vir my mede-leerders hê.
- Swakpunte: Ek oordink soms ‘n situasie te veel.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Dit voel vir my dat oor die afgelope paar jaar is leerders oor die algemeen, se respek en waardering vir onderwysers minder as in die verlede. In Veltieland is waardes vir ons baie belangrik, so dit is graag iets wat ek sal wil verander.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Duineveld het nog altyd die vermoë gehad om in moeilike tye saam te kan trek en die probleem dan op te los en dit is iets wat baie uniek is aan die skool.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag ‘n A-gemiddeld wil kry op my matriek eindeksamen en die nodige punte behaal vir universiteitstoelating.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? As gevolg van Covid-19 het die skool se gees die afgelope paar jaar baie afgeneem en dit is dus ons verantwoordelikheid as Klas van 2022 om dit terug te bring en ‘n positiewe voorbeeld te stel vir die res van die skool.
Wie is jou rolmodel? Jean de Villiers.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil graag Bedryfsingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Mister Incredible. Hy is baie doelgerig en wil die wêreld net ‘n beter plek maak.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… die huis saam met familie of in die natuur.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Madison Iseman.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende.
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Andriod of iOS? Android