Op die AWSUM rusbank met Hoërskool De Aar se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool De Aar se hoofseun: Ethan Afrika
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om meer oor my mede-leerders te leer.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: My vermoë om met mense te kommunikeer en hulle te kry om met my te wil kommunikeer.
- Swakpunte: My neiging om alles alleen te wil doen
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Die geestesgesondheid. Ek sal dit graag wil verhoog.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ek geniet die feit dat ek my vriende kan sien en tyd met hulle spandeer.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil vir die eerste maal ‘n 80% gemiddeld kry.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Moenie ons termyn as leiers vrees nie. Kom na my met elke enkele vrees wat jou gedagtes vul. Jy hoef deur niks alleen te gaan nie, want ons is ‘n span.
Wie is jou rolmodel? Ek het op ‘n stadium een gehad, maar nie meer nie.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil Rekenaar Wetenskap by of die Universiteit van Pretoria of die Universiteit van die Vrystaat studeer.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Dr Strange, want wie wil nie die Sorcerer Supreme wees nie?
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry… of by die huis of by die “skatepark” met of my boeke of my skaatsplank.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Kat Dennings …. Moenie vra nie
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon
- Android of iOS? Android