Op die AWSUM rusbank met Hoërskool De Aar se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool De Aar hoofdogter: Anja Kleynhans
Baie geluk met verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Dit is ‘n baie groot voorreg om gekies te wees as leier. Ek sien die meeste uit om saam met die groep leiers te werk en ‘n verskil in die skool te maak.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek is ‘n baie eerlike mens en het deursettingsvermoë
- Swakpunte: Ek kan soms ongeduldig wees en stres ook baie maklik.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal graag die leerders wil opgewonde maak om skool toe te kom, sodat hulle wil hard werk aan hulle toekoms.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Beslis my mede-leerders van my graad, hulle het altyd iets wat my dag ophelder.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag ‘n paar A-simbole wil kry met die eindeksamen.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? God doesn’t call the qualified, he qualifies the called. Ons is nie een perfek nie, maar saam kan ons ‘n groot verskil maak in die skool.
Wie is jou rolmodel? My ouers, hulle is hardwerkend en probeer altyd die regte ding doen.
Wat is jou planne vir na skool? Ek besluit nog of ek vir Argitek wil gaan leer of eerder na ‘n vliegskool wil gaan.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder woman, sy is ‘n baie sterk vrou.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… die huis saam met my gesin.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Zac Efron.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Vir ure lank my gunsteling TV-Reeks kyk
- Android of iOS? Android